LSAN besit oor ‘n ryk hokkiekultuur. Trots, respek en deursettingsvermoë is van die eienskappe wat ten toon gestel word op en vanaf die veld. Vaardigheidsontwikkeling word reeds op ‘n baie vroeë stadium gedoen om deelname te bevorder. By Laerskool Aliwal-Noord glo ons dat sukses nie kom van dit wat ons af en toe doen nie, maar van dit wat ons aanhoudend doen.
Onlangse prestasies: 2022: LSAN word in die O/12A, O/13A en O/13B Suid- Vrystaat hokkie verteenwoordig.