Danksy ‘n groep toegewyde en baie bekwame afrigters, is
atletiek by Laerskool Aliwal-Noord kerngesond.
Laerskool Aliwal-Noord bied 'n interhuis byeenkoms aan gedurende Januarie waar drie kleurspanne, naamlik Blou, Rooi en Geel meeding teen mekaar. Alle leerders in die skool neem deel aan hierdie byeenkoms.
'n Span word dan gekies om die skool by die dorpsbyeenkoms te verteenwoording, waar al die laerskole in Aliwal-Noord deelneem.
Na die dorpsbyeenkoms word daar weer ‘n span gekies wat
Aliwal-Noord op ‘n CMC-byeenkoms verteenwoordig. Op hierdie byeenkoms neem skole van die hele
Senqu-streek deel. Atlete wat hier kwalifiseer,
neem aan die Joe Gqabi-byeenkoms deel, waar atlete uit die verskillende CMC’s
teen mekaar meeding.
'n Joe Gqabi-span word dan gekies om die Joe Gqabi te verteenwoordig streek by die Oos-Kaap atletiekbyeenkoms waar atlete van regoor die Oos-Kaap meeding.
Atlete wat in die Oos-Kaapspan opgeneem word, verteenwoordig
dan die Oos-Kaap by die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekkampioenskappe (SASA).
LSAN lewer elke jaar ‘n goeie hoeveelheid atlete wat aan die
SA-kampioenskappe deelneem.
In 2022, het
nie minder nie as 10 atlete van LSAN gekwalifiseer om die Oos-Kaap by die Sa’s
te verteenwoordig. Gedurende die vierde kwartaal het atlete ook die geleentheid
om aan verskeie byeenkomste in Bloemfontein deel te neem wat deur Atletiek
Suid-Afrika (ASA) gereël word.