051 634 1827  |  admin@lsan.co.za | lsan@wam.co.za |  info@anps.co.za

Uit die skoolhoof se pen...

Dit is voorwaar vir my ‘n kosbare voorreg om u welkom te heet in Alie-land!

Laerskool Aliwal-Noord is ‘n toonaangewende, multi-kulturele, gemengde skool wat parallelmedium (Afrikaans en Engels) onderrig verskaf aan bykans 560 leerders, wat wissel tussen Gr. R-7, van regoor die Noord-Oos-Kaapse platteland.    

LSAN is ‘n waardegedrewe skool wat fokus op die volgende waardes; OMGEE (Gr 1), EERLIHEID (Gr 2), VERANDWOORDELIKHEID (Gr 3), RESPEK (Gr 4), BEDAGSAAMHEID (Gr 5), REGVERDIGHEID (Gr 6), EIENAARSKAP (Gr 7).  Ons streef na die holistiese opvoeding van die totale kind; daarom poog ons om na elke leerling op geestelike-, intellektuele-, emosionele, sosiale, fisiese en kulturele vlak om te sien.

Akademie is die kern van ons skooldag en met trots kan ek sê dat hierdie skool werklik na elke kind omsien sodat hulle hul potensiaal kan bereik met uitstekende prestasies.  Leerlinge met spesiale leer uitdagings word spesiaal na gekyk.  Nietemin staan sport en kulturele aktiwiteite geen tree agteruit nie.

Rugby, Hokkie, Netbal, Tennis, Atletiek en Krieket is baie gewild. Kulturele aktiwiteite sluit in Skaak, Landsdiens en Redenaarsklub. Eisted@Alies is een van die hoogtepunte op die kulturele kalender van baie skole in die omgewing!

Bollie Konyn is ons satelietkampus met ons Graad R-klassies. Hier word die basis stewig gelê vir die toekomstige Gr 1 – 7 jare wat in Benson straat, by die pragtige geboue en sportvelde van LSAN, afgelê word.  

Ouerbetrokkenheid is ‘n baie belangrike deel in die Alie-familie. Die Ondersteunersklub en Ouer-Onderwysers Vereniging (OOV) funksioneer nie losstaande van die skool nie, maar staan onder die jurisdiksie van die Beheerliggaam. Dit beteken dat alle aktiwiteite in vennootskap met die skool en volgens die skool se behoeftes tot voordeel van die skool en sy leerders aangepak word.  

Lees, kyk deur al die bladsye en kontak ons gerus vir verdere inligting.

Mooi Alie-groete
Ronél Bester