051 634 1827  |  admin@lsan.co.za | lsan@wam.co.za |  info@anps.co.za

fasiliteite

Geen skool kan effektief funksioneer sonder die nodige geriewe en fasiliteite nie. By LSAN is 21 klaskamers, toegerus met digitale projektors en skootrekenaars, waar hoogstaande onderrig kan plaasvind. Daar is ook 'n kunsklas en 'n media sentrum vir verdere verryking van ons leerlinge.

In die administratiewe blok is kantore vir die skoolhoof, adjunkhoof en sekretaresses.  Skryfbehoeftes en handboeke word vanuit die boekekamer voorsien, onderwysers maak ook gebruik van die Departementshoof se kantoor waar 'n skootrekenaar en kopieërmasjien is. Verskeie departementele direktiewe en kurrikulum verwante omsendskrywes word ook hier op leêr gehou.

Die grondslagfase, het hulle eie afsonderlike toilette bo en behalwe die van die gr. 4-7 leerlinge. Die skool is ook toegerus met 'n alarmstelsel en CCTV kamerastelsel. Kopieë word in die afrolkamer gemaak. Sport-en-sosiale funksies word op die houtdek aangebied. Daar is ook 'n nasorgsentrum waar leerlinge van na skool tot en met 17:00 op hulle ouers kan wag, tuiswerk kan doen en 'n middagete kan geniet.

Pouses kan hulle versnaperings by die skoolsnoepie koop. Op sportgebied is daar 7 netbalbane, 2 rugbyvelde, 2 hokkievelde en krieketnette. Daar is ook oefen geriewe vir atletiek, en 4 tennisbane. Uit die skool se kombuis word nie net tee en koffie vir die personeel voorsien nie, maar ook etes vir die voedingskema. Die skool se voertuie en toerusting word in 3 motorhuise geberg. Skoolklere word in Alie-klere, die skoolwinkel verkoop. Die skool het 'n volledig toegeruste rekenaarsentrum en daar is 'n siekekamer.

Saalbyeenkomste, ouervergaderings en ander byeenkomste word in die skool saal aangebied.