051 634 1827  |  admin@lsan.co.za | lsan@wam.co.za |  info@anps.co.za

NUUSBERIG 4 NOVEMBER 2024

GRAAD 7-PRYSUITDELING 2024

“We are the champions”.  Op hierdie musiek het die graad 7’s van 2024 die saal binnegestap.

The farewell and prizegiving took place on Friday, 1 November 2024.  We built our farewell message around the following quote: “ the taste of success is sweet, and you deserve every bite”.

The parents decorated the hall beautifully according to the “sweet” theme and there were delicious food- and snacks to eat.  Thank you to all the parents involved for your hard work.

Ons het weer eens die voorreg gehad om vir oulaas erkenning te gee aan ons Graad 7-leerders, wat gedurende die jaar van 2024 presteer het. 

Verskeie toekennings is op die vlak van akademie, sport en kultuur gemaak. 

SPORT:

Op sportgebied is die volgende toekennings gemaak:

D&E Rekenaars award for the most versatile sportsman of the year: 

Ahlume Tabata

D&E Rekenaars toekenning vir veelsydigste sportvrou van die jaar: 

Anè Naudé

Die hoogste sportprestasie van die jaar vir Buitesport is deur Frieda-Marie Labuscagne vir luggeweerskiet behaal.

Half ere-kleure is ook aan Isabella Joubert toegeken vir pensteek.

Die Goedemoed trofee vir die veelsydigste seun in Akademie, Kultuur, Sport en Leierskap, is aan Renier Vorster toegeken.

Die Laerskool Aliwal-Noord trofee vir die veelsydigste dogter in Akademie, Kultuur, Sport en Leierskap is aan Anè Naudé  toegeken.

CULTURE:

The following learners received full colours for being chosen to attend the Land Service National Camp:

Francois Botha

Johanelle de Bruin

Anè Naudé  

Renier Vorster

AKADEMIE:

Op akademiese gebied is die volgende toekennings gemaak:

Leerders wat ‘n gemiddeld van 80% gehandhaaf het gedurende 2024:

Francois Botha, Miané Herion, Olerato Koloba, Alu Koto, Frieda-Marie Labuscagne, Anè Naudé, Rosali Odendaal, Anna-Ria Schmidt, Amay van der Merwe en Tristan van Zyl.  

Hoogste akademiese prestasie in Graad 7 vir 2024:

Anè Naudé.

Anè ontvang ook die Jean Naudé Meriete-Beurs, wat ingestel is deur sy seun, Piet Naudé, asook die ENB Trofee vir hoogste akademiese prestasie in Gr. 7

Jean Naudé was van 1931-1938 ‘n leerling by Laerskool Aliwal -Noord, gevolg deur sy seun Piet Naudé, presies 30 jaar later van 1961 – 1968, die laaste jaar as hoofseun van die skool.

Die beurs gee erkenning aan die uitmuntende akademiese en leierskapsvorming wat Laerskool Aliwal -Noord destyds en vandag nog bied.

Jean Naude sou vanjaar sy 100ste verjaarsdag gevier het.  Ter herinnering hieraan, is die bedrag van die meriete beurs in 2024 eenmalig na R2000 verhoog.

The grade 7’s of 2024 also had the chance to present their gift to the school.  It was decided to buy a wendy house for the netball, to store their equipment.

Die nuwe “Netbalnessie”, soos wat die huisie bekend sal staan, sal voorwaar ‘n aanwins vir ons netbaljuffrouens wees.

Baie geluk aan elke graad 7-leerder wat ‘n besonderse prestasie vanjaar behaal het.  Mag ‘n blink toekoms op elkeen van julle wag!

Good luck for the upcoming exams.  May you all fly high!

Intermediêre Fase Prysuitdeling 2024

Op Donderdag, 31 Oktober, het leerlinge in die Intermediêre Fase ook erkenning gekry vir prestasies wat hulle in die afgelope jaar op Akademiese -, Sport- en Kultuurgebied behaal het.

Learners who achieved an average of 85% and higher through the year, received subject certificates. 21 Grade 4-pupils, 19-Grade 5 and 9 Grade 6-pupils managed this achievement.

Om ‘n goue akademiese balkie te ontvang, moet ‘n leerling ‘n gemiddelde % van 85% en hoër na afloop van 3 kwartale se assessering hê. Vanjaar het die volgende leerlinge goue akademiese toekennings ontvang:

Graad 4:         Romé Botha

                        Fernand Hattingh

                        Josh Labuschagne

                        Mishke Moolman

                        Lisa Oelofse

                        Karla Roberts

                        Annabet Schmidt

                        Willem Thompson

                        Dané van Zyl

 

Graad 5:         Sheliya Bessinger

                        Hluma Mzuzu

                        Karla Nel

                        Liné Nel

                        Michael Paul

                        Elizna Peyper

                        Johannes van der Westhuizen

                        Ria van Riet

                        Nathan van Zyl

                        Adriaan Vorster

 

Graad 6:         Mikhulu Huluhulu

                        Lia Lubbe

                        Zenande Ntutha

Leerlinge wat vir drie agtereenvolgende jare goue akademiese toekennings behaal, ontvang aan die einde van die derde jaar Akademiese Erekleure. Vanjaar is ons baie trots om dit aan Kara de Wet, Johan Janse van Rensburg en Natasha Weitsz te kon oorhandig.

In the sport section, acknowledgement was given to all learners who took part on regional or provincial level. We are extremely proud of learners in the Intermediate Phase who achieved the highest achievements in sport for 2024. Abigail Mostert received the trophy for the highest achievement in an out-of-school sport, for her participation in the Air Rifle Shooting SA championship. Die trofee vir die hoogste prestasie vanjaar vir ‘n skoolsport, is aan Juanitho Paul toegeken, vir sy verteenwoordiging in die Vrystaatse 0/13 7’s rugbyspan.

Op kultuurgebied, word erkenning gegee aan leerlinge wat by die Eistedd@Alies as trofeewenners aangewys is, asook dansers en redenaars wat die afgelope jaar besondere prestasies behaal het. ‘n Nuwe wisseltrofee, geskenk deur Me. Samantha King, vir musiekleerlinge wat 100% in die UNISA musiekteorie-eksamen behaal het, is vanjaar vir die eerste keer toegeken. Dié trofee staan as die Piano Forté Wisseltrofee bekend en word vanjaar gedeel deur Kara de Wet en Josua Bothma.

Nogmaals geluk aan elke leerling in die Intermediêre fase wat op een of ander manier erkenning vir sy/haar harde werk en deursettingsvermoë ontvang het. We are very proud of every learner who reached his/her personal goals for this year, even if everyone did not receive a trophy, badge or special certifiate. Remember: ‘In our class (school) we don’t do easy. We make easy happen through hard work and learning.”

GF PRYSUITDELING/ FP PRIZE GIVING

Op Dinderdag 31 Oktober het LSAN se Grondslagfase prysuitdeling gehou. Die tema vir die prysuitdeling was “Candy Land” Die verhoog en voorportaal het PRAGTIG gelyk.

Mev. Bester het die oggend op ‘n gepaste wyse met skriflesing en gebed geopen.

Each Foundation Phase learner is awarded a book prize, acknowledging a special character trait. Young Alies are not rewarded for their academic progress, but receives recognition for their unique talents and skills.

In die grondslagfase fokus ons nie net op akademie nie, maar eerder op die holistiese ontwikkeling van elke leerder. Ons fokus in die Grondslagfase is om vir die leerders vaardighede aan te leer wat hulle later kan toepas om sodoende akademies te floreer.

Dankie aan al die ouers wat hierdie spesiale dag saam met hul kinders kom geniet het.

Dapper Vorentoe

Boldly onwards

TENNISTOERNOOI

Op Saterdag 2 November het Laerskool Aliwal-Noord sy eerste tennistoernooi aangebied. Daar het 13 spanne deelgeneem, waar byna 100 wedstryde plaasgevind het. Beginner tot “briljantjie” het die dag vreeslik geniet.

Congratulations to the Pickle Power and Pink Panthers that walked away as the u’13 champions of the day. Baie geluk ook aan die Dare Devills en Racket Rebels wat as wenners van die onder 10 katogorie weggestap het.

We want to thank our sponsors who made the day possible and we are looking forward to see all the players again next year. 

SUID-VRYSTAAT HOKKIEPROEWE:

Die naweek van 1 & 2 November 2024, het van ons   o/13 hokkieseuns en dogters die geleentheid gehad om aan die Suid-Vrystaat hokkieproewe in Bloemfontein deel te neem.

The team will be announced later. We are looking forward to the results.