051 634 1827  |  admin@lsan.co.za | lsan@wam.co.za |  info@anps.co.za

skaak

Skaak is ‘n sport wat kogtiniewe funksies ontwikkel en nie net leerders op ‘n akademiese vlak bevoordeel nie. Dit ontwikkel terselfdetyd hulle sportmanskap en dissipline. Laerskool Aliwal Noord is bevoorreg om leerders die geleentheid te bied om te kom leer skaak speel. Ons verwelkom leerders wat kan speel, asook die wat nog nie kan speel nie.  

Elke 3de Maandag van 14h00 tot 16h00 is leerders welkom om te kom speel saam met maatjies.

Ons hoofdoel is om skaak te gebruik om leerders te leer hoe kom komplekse probleme op te los, om voor uit te dink en krities moeilike besluite te kan neem – al hierdie aspekte dra by tot waardevolle vaardighede wat leerders net kan bevoordeel. Skaak leer kinders om te beplan en te analiseer oor ‘n bord, asook in die alledaagse lewe. Al hierdie vaardighede kan oorgedra word in hulle daaglikse roetines.  

Leerders geniet die sosiale interaksie by skaak oefening en hulle ontwikkel holisties deur vriendelik teen mekaar te speel.  

Leerders wat nie kan speel nie is welkom om te kom leer. Ons skaak oefening is ‘n in gelukkige en veilige omgewing, en almal geniet dit!