Landsdiens is 'n nie-winsgewende jeugorganisasie wat fokus op omgewingsbewaring. Leerders van Gr 4-7 kan by die klub aansluit. 'n Jaarlikse registrasiefooi moet betaal word. Dit verseker dat lede aan provinsiale en nasionale projekte kan deelneem, en hulle kom in aanmerking vir spesiale Landsdienstoekennings. Klublede vergader elke 3de Maandagmiddag by die skool. Klubaktiwiteite fokus op die 4 pilare waarop gronddiens steun:
Liefde vir ons Skepper, Liefde vir jou naaste, Liefde vir werk en Liefde vir die omgewing.
Leerders word gewys hoe om die leuse van gronddiens uit te leef: “Dade, en nie woorde nie”.
Die Landsdiensklub van ANPS spog met 150 lede en is die grootste klub in die Oos-Kaap. Ons klub se naam is: "Ons gee om". Die logo is 'n klein miertjie, wat die hardwerkendste diertjie is waarmee ons geïdentifiseer wil word!