051 634 1827  |  admin@lsan.co.za | lsan@wam.co.za |  info@anps.co.za

KOSHUIS

Die Laerskool Aliwal-Noord Koshuis is ‘n tweede huis, ‘n huis weg van die huis gedurende die week vir talle leerders van regoor die distrik.  ‘n Veilige omgewing, met Christelike waardes, wat daarna streef om gebalanseerde jongmense die wêreld in te stuur.  Dit is ‘n plek waar leerders lewenslange vriendskapsbande snoer en die geleentheid kry om deel te wees van ‘n groot familie.  Die koshuislewe maak erns van dissipline en akademie, met genoeg ruimte vir leerders om hulself uit te leef as kinders.  Die Laerskool Aliwal-Noord Koshuis beskik oor uitstekende geriewe, ruim en netjiese kamers, ‘n reuse verskeidenheid van ontspanningsaktiwiteite, heerlike etes en ‘n toegewyde personeel wat werklik vir elke leerder omgee. 

Hier is u kind nie net nog ‘n nommer nie, maar deel van ‘n hegte familie.

Die Laerskool Aliwal-Noord Koshuis is die regte keuse, waar ons wandel in die Here se Lig.

tariewe vir 2025 : R 6600.00 per kind per kwartaal

Bankbesonderhede : Laerskool Koshuis - FNB: Takkode: 210120, Reknr: 62176595175