Tuiswerk by Laerskool Aliwal-Noord word in die Intersen-Fase (Grade 4 tot 7) gesien as vaslegging van ‘n dag se werk, asook die geleentheid om onvoltooide klasopdragte rustig klaar te maak.
Elke leerling ontvang aan die begin van die skooljaar ‘n spesiale Alies-tuiswerkboekie, waarin baie belangrike inligting insake ons skool, asook pret-aktiwiteite vir die leerlinge, saamgevat is.
Tuiswerk in die Intersen Fase word gegee vir ‘n volgende periode in ‘n spesifieke vak en dit word neergeskryf op die datum wanneer die werk voltooi moet wees.
In die Grondslagfase verwag die klasonderwysers dat ouers hul kinders sal bystaan en sal toesien dat tuiswerkopdragte daagliks voltooi word. Ook in hierdie fase word die tuiswerk geskryf by die volgende dag, wanneer die opdragte voltooi moet wees.