051 634 1827  |  admin@lsan.co.za | lsan@wam.co.za |  info@anps.co.za

Slaagvereistes word streng volgens die riglyne van die Departement van Basiese Onderwys, gevolg. Alle formele assesseringsopdragte, soos deur die departementele riglyne uiteengesit, word afgeneem en alle punte word op die Nasionale datastelsel, bekend as SA-SAMS, ingevoer.

Punte-verwerking word outomaties deur dié stelsel gedoen, volgens die gewigsfaktore wat aan elke moontlike onderafdeling van die verskillende vakke toegeken is. 

Vordering vereistes

Grondslag Fase slaagvereistes

Huistaal - 50% - (Vlak 4)
Addisionele Taal - 40% - (Vlak 3)
Wiskunde - 40% - (Vlak 3)

Intermediêre Fase slaagvereistes

Huistaal - 50% - (Vlak 4)
Addisionele Taal - 40% - (Vlak 3)
Wiskunde - 40% - (Vlak 3)

40% (Vlak 3) in enige 2 van die oorblywende 3 vakke, bestaande uit Sosiale Wetenskappe, Natuurwetenskappe en Tegnologie en Lewensvaardighede.

Senior Fase slaagvereistes

Huistaal - 50% - (Vlak 4)
Addisionele Taal - 40% - (Vlak 3)
Wiskunde - 40% - (Vlak 3)

Die oorblywende 6 vakke is Sosiale Wetenskappe, Natuurwetenskappe, Tegnologie, Skeppende Kunste, Ekonomiese Bestuurswetenskappe en Lewensoriëntering. 

40% (Vlak 3) in enige 3 van die 6 vakke hierbo genoem. 30% (Vlak 2) in enige 2 van die oorblywende 3 vakke.