051 634 1827  |  admin@lsan.co.za | lsan@wam.co.za |  info@anps.co.za

leer & ondersteuningsdienste

Die skool beskik oor ‘n baie effektiewe leer- en ondersteuningsnetwerk. Aan die stuur van hierdie baie belangrike afdeling, is die SBST-komitee, wat elke derde week vergader. Tydens hierdie vergaderings word planne gemaak om kundige hulp vir leerlinge met ‘n verskeidenheid probleme, te bekom. Aandag word gegee aan remediërende hulpklasse, verwysings van leerlinge na spel- of arbeidsterapeute, sielkundiges en beraders. Die SBST-komitee werk ten nouste saam met die Departement van Onderwys se ondersteuningspan en speel ‘n baie groot rol in die ondersteuning van elke leerling wat leerprobleme, sosiale of emosionele probleme ervaar.

Daar word ook weekliks ekstra hulpklasse in veral die basiese vakke soos Wiskunde en Tale, aangebied. Hierdie klasse word deur vakonderwysers aangebied en word vooraf met ouers, wie se kinders ekstra hulp benodig, bespreek. Die skool werk ten nouste saam met verskeie kundiges in ons breë gemeenskap, ten einde werklike hulp aan elkeen wat dit benodig, te bied.