051 634 1827  |  admin@lsan.co.za | lsan@wam.co.za |  info@anps.co.za

kurrikulum

Laerskool Aliwal-Noord is 'n plek waar  mense gelukkig is en leerlinge aangemoedig word om te verken en te ontdek en moet hulle natuurlike passie om nuwe goed aan te leer, aangewakker word. Ons span word deur 'n pligsgetroue hoof en drie dinamiese vakhoofde gelei en word aangevul deur 'n span passievolle en kreatiewe onderwysers. Hierdie fases sluit Gr. 1-7 in met 3 klasse in elke graad, 2 Afrikaanse en 1 Engels. Ons almal deel 'n gesamentlike doel en ons het 'n verantwoordelikheid teenoor elke individuele leerling. Ons strewe daarna om elke leerling die intellektuele en emosionele ondersteuning te bied om hulle te help om hulle volle potensiaal te ontwikkel. Ons reik na hoë vlakke van akademiese kennis maar wil ook vaardighede, waardes en toerekensvatbaarheid ontwikkel, sodat dit hulle in staat stel om die hoërskool en die lewe in die algemeen te trotseer.

Die Grondslag Fase lê die fondasie vir leer in ‘n prettige en geëntegreerde wyse. Daar word altyd klem gelê op vaardigheidsontwikkeling sodat konsepte verstaan en toegepas kan word. Leerders word voortdurend bewus gemaak dat hulle hulle onderwysers en vriende moet respekteer.Ons implementeer ‘n holistiese benadering waar kinders se hele menswees ontwikkel word.

In die Intersen Fase stel ons leerders bloot aan nuwe ontwikkelingsgeleenthede waar dit wat hulle in die Grondslagfase aangeleer het, uitgebrei word sodat hulle meer kennis kan bekom. Verdere blootstelling aan nuwe denkvaardighede en memoriseringstegnieke is belangrik. Ons moedig leerders aan om nuuskierig te wees oor baie dinge in die lewe, en ons help hulle om self die antwoorde te bekom. Ons probeer dus om die jong leerders voor te berei vir hul Hoërskoolloopbaan.