By Laerskool
Aliwal-Noord streef ons daarna om elke leerder te voorsien van al die handboeke
van die onderskeie vakke. Ongelukkig
word ons deur die Department geklassifiseer as ‘n kwintiel 5 skool, wat beteken
dat ons baie min finansiële hulp kry.
Ons moet dus in ons jaarlikse begroting voorsiening maak om handboeke
uit skoolfonds aan te koop.
Elke leerder
word dus verantwoordelik gehou vir die handboeke wat hulle ontvang, en
beskadigde en verlore handboeke moet dus vervang word. Die vakonderwysers hou rekord van hulle vakke
se handboeke.
Aan die einde van
elke jaar ontvang leerders ‘n skryfbehoefte lys vir skryfbehoeftes wat vir die
volgende jaar benodig word.
Ouers kan
self besluit waar hulle die skryfbehoeftes wil aankoop, of ‘n pakket deur die
skool aankoop. Hierdie pakkette bevat dan alles wat benodig word.